LESERSBRIEF | Vlak 4 is soos daai eerste ete ná ’n week van...

DROOMMAALTYD

LESERSBRIEF | Vlak 4 is soos daai eerste ete ná ’n week van hongerte in die vloot

’n Leser vertel hoe die opgewondenheid oor die eerste wegneemete wat hy tydens vlak 4 kon bestel hom laat terugdink aan daardie een maaltyd waarna ’n vlootman ná ’n week sonder kos uitgesien het. Wat bestel ’n mens? O, en oppas vir die spuities, natuurlik!

  • 22 Mei 2020
  • Vrye Denker
  • 7 min om te lees
  • artikel 21 van 24

VANDAG is die eerste dag ná die aanvanklike lockdown, iets waarna ons almal baie lank uitgesien het. Om tog net weer die bene te kan strek en die hond vir ’n stappie te neem! (My katte was nie juis entoesiasties oor die idee van om die blok stap nie.)

Gedurende die afgelope 35 dae moes ons kosgewys onsself tot peuselhappies wend (en alkohol totdat dit op was) om ’n mate van geestesnormaliteit te kon behou. Maar daar was inperkings. Geen gemorskos nie, dalk nie eens biltong nie. Goeie ding daar is nie rugby nie.

Skielik lyk Vrydagaande baie treurig. Wat is my opsies – gooi ’n ekstra dik laag witsous oor my Brusselse spruite? Met die aankondiging van vlak 4, dat restaurante nou kan kos aflewer, het die vraag by talle opgekom: Wat gaan my eerste wegneemmaaltyd wees? (Jammer Kook en geniet, dis nie jy nie, dis ek.) Dis soos die teenoorgestelde van daardie laaste ete op “death row” – wat op aarde bestel jy om op ’n kosklimaks te groet? Hierdie vraag het my die hele week laat wonder, en ook laat terugdink aan ’n soortgelyke ervaring jare gelede...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.