POLITIEKE NOTABOEK | Voorstede is op vlak 4, townships op vlak 1

CORONA EN REALITEIT

POLITIEKE NOTABOEK | Voorstede is op vlak 4, townships op vlak 1

MAX DU PREEZ het 'n draai in van die Wes-Kaapse townships gaan ry en g’n teken van 'n staat van inperking gesien nie.

DIE vraag is nie of die staat van inperking opgehef of gehandhaaf moet word nie. Die keuse is nie tussen die red van menselewens en die ekonomie nie.

Die belangrikste vraag is hoeveel ekonomiese aktiwiteit ons kan toelaat voordat dit die infeksiekoers so vinnig laat styg dat ons gesondheidstelsel nie die siekes behoorlik kan behandel nie.

Volgens die model wat Dinsdag deur die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, bekend gemaak is, gaan daar al in Junie te veel pasiënte vir die getal beddens in waakeenhede wees – en die piek van die infeksiekurwe kom eers teen die einde van Julie. Ingevolge dié model deur 'n groep epidemioloë en statistici kan tussen 40,000 en 50,000 Suid-Afrikaners teen November aan Covid-19 sterf. Dit is veel meer optimisties as die vroeëre modelle wat tot 'n halfmiljoen sterftes voorsien het, 'n patroon wat ons ook in Amerika, Brittanje en elders gesien het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.