Corona het emigrasiegesinne van ’n lewenslyn beroof

VERLANGE

Corona het emigrasiegesinne van ’n lewenslyn beroof

Vir Suid-Afrika se transnasionale families is internetkommunikasie al lankal deel van hul lewe, skryf dr. SULETTE FERREIRA, en met internasionale reis se vlerke geknip, is dit ál vorm van kommunikasie wat hulle oorhet.

NIE so lank gelede nie sou dit nog ondenkbaar gewees het om in jou eie huis te kan sit en verlang, en dan, met die druk van ’n knoppie, “verskyn” jou kind soos ’n magiese karakter en vir ’n kort tydjie is julle saam in dieselfde (virtuele) leefwêreld. Maar julle kan nie aan mekaar raak nie.

Emigrasie is ’n onlosmaaklike deel van ons huidige bestaan. Baie Suid-Afrikaners het veral oor die laaste twee dekades ’n heenkome in ander lande gaan soek. Volgens prof. David Kaplan en Thomas Höppli van die Universiteit van Kaapstad se sakeskool was die geskatte getal Suid-Afrikaners wat in 2017 in die buiteland gewoon het 820,000. Na raming verlaat sowat 23,000 mense jaarliks ons land. Die familielede wat in Suid-Afrika agtergebly het, is nou transnasionale ouers en grootouers.

As daar iemand is wat die kuns van kommunikasie oor fisieke afstand vervolmaak het, is dit hierdie uitgebreide families wat oor die wêreld heen versprei is. Maar nou het die coronapandemie hulle van hul enigste ander lewenslyn beroof: internasionale reise...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X