Covid-19: saam of eensaam?

CORONA EN AFSONDERING

Covid-19: saam of eensaam?

Eensaamheid in hierdie inperkingstyd is presies hoe dit voel en klink, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Maar gaan ons post-pandemie 'n plan maak met die idee van atomistiese individue wat deur kapitalisme geskep is?

EK het die laaste tyd na ou foto’s gekyk wat ek deur die jare geneem het – dis een van die maniere waarop ek tot dusver die inperktyd verwyl het. Van die foto’s is van afgeleë plaasopstalle en paaie op die platteland – van Wupperthal in die Sederberge tot Nieu-Bethesda in die Karoo.

Ek het op daardie stowwerige paaie gery voordat dit die inding geword het. Dit was hoofsaaklik om van die polisie weg te kom, en (met respek teenoor my metgesel) die militêre polisie …

Die foto’s, wat ’n mens help onthou en laat terugdink (en jy weet nooit watter koers jou gedagtegang gaan inslaan nie), het my herinner aan die manier waarop die Covid-19-virus so baie mense tot hul huise en opstalle beperk het, hoe afgeleë dit ook al is. Baie dorpe en plaasopstalle landwyd is al dekades lank aan die grille en geweld van die samelewing blootgestel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.