Goeie appel Cyril maak nie op vir onbekwaamheid en...

VERKWISTE WELWILLENDHEID

Goeie appel Cyril maak nie op vir onbekwaamheid en Stalinistiese instinkte

Die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika is veel meer as net ’n gesondheidskrisis en ’n gevolglike ekonomiese ramp. Die ANC se interne dogma van demokratiese sentralisme word nou op die land toegepas en dit het klaar die nasionale opwelling van welwillendheid verkwis. Ons sal vorentoe ons persoonlike vryhede en ons oop gemeenskap met alle mag moet beskerm, skryf MAX DU PREEZ.

DIE burgery het oor die vyf algemene verkiesings ná die eerste een in 1994 groot geduld met die ANC ten toon gestel.

Ons was verlig toe ons bloedloos ’n demokrasie geword het en ons het Sint Madiba byna aanbid. Die meeste Suid-Afrikaners het aanvaar Thabo Mbeki was nie ’n Mandela nie en moes die land ná die roes van 1994 met ’n ferm hand bestuur. 

Hy het ongelukkig nie sy party so ferm bestuur nie en is in 2007 in ’n paleisrevolusie uitgeskop. Toe kry ons Jacob Zuma. Dit is die ANC wat homself herrangskik, is aan ons gesê, sulke goed gebeur maar wanneer ’n bevrydingsbeweging in die proses is om ’n moderne politieke party te word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.