EK dink ons kort ’n bietjie perspektief. Ons is almal saam in hierdie stryd teen die pandemie, of ons nou daarvan hou of nie. Soms kan ons eie omstandighede ons siening ’n bietjie vervaag.
Die feit is, ons het nie vir hierdie pandemie gevra nie. Maar ons regering het ook nie. So ook nie enige ander regering in die wêreld nie. Dit neem vier tot ses jaar om een Olimpiese Spele-byeenkoms te reël, maar nou moes lande oor die wêreld heen almal reëlings tref vir iets veel groter en meer omvattend as die Spele – dis meer op die skaal van ’n oorlog, maar binne slegs ’n paar maande.
Ja, daar is al foute gemaak. Ja, sommige reëls en regulasies is vreemd en verwarrend. Sommige maatreëls was te streng. Ek ontken nie hierdie dinge nie, en die regering kan gerus probeer om op te maak vir van die swak besluite wat tot dusver geneem is. Maar dit nou daar gelaat, hier is my eerlike mening:..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.