LUIDENS 'n verslag wat vandeesweek deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) uitgereik is, het advertensie-inkomste vir sowel die gedrukte as die uitsaaimedia gedurende die inperking met tussen 40% en 100% afgeneem terwyl alternatiewe bronne van inkomste, soos die aanbied van konferensies en byeenkomste, opgedroog het.
Vir daardie media-instellings wat reeds in finansiële moeilikheid was of net-net kop bo water gehou het, was dit die laaste strooi. Verskeie tydskrifte moes reeds toemaak (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2020-04-30-die-gedrukte-media-gaan-dalk-nie-covid-19-oorleef-nie/). Volgens Sanef het die staat van inperking 'n “verwoestende effek” op die gevestigde media gehad – daar was wydverspreide werkverliese, die sluiting van sommige publikasies en steeds 'n voortslepende risiko van verdere afdankings.
Vir die gemeenskapsmediasektor was die impak veral rampspoedig; sommige gemeenskapskoerante, insluitende die enigste publikasie in Venda, is daarmee heen. Verskeie gemeenskapsradiostasies moes by die regering om hulpverlening aansoek doen...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.