EK het in ’n stadium vir ’n wyle ’n redakteur gehad wat deur die ou Argus-groep na die Sowetan gestuur is om ons “te help” om beter as ’n nuuseenheid te funksioneer. Dit het saamgeval met my eerste of tweede jaar as politieke korrespondent – en as die eerste persoon van ’n swart koerant wat destyds in 1990 of 1991 na die parlementêre persgalery gestuur is. Elke oggend sou hy my bel en sê: “Dink aan die banier. Dink dan aan die opskrif. Skryf dan die storie.”
Ek sou van diensweiering aangekla kon word, want my reaksie was dikwels dat dit ’n formule vir sensasiebejag was – waarna ons vandag as klik-lokaas verwys. Dit was boonop nie die soort joernalistiek waarvan ek deel wou wees nie; dis seker geen verrassing dat ek uiteindelik in die akademiese wêreld beland het sonder om ooit die joernalistieke impuls te verloor nie. Ek was nie geïnteresseerd in wat verkoop of jou aandag getrek het terwyl jy op die hoofweg ry nie – koerantbaniere wat jou met ’n sexy boodskap en parmantige opskrif wou lok om die koerant te koop.
Ons wil deesdae graag sexy en parmantige stories skryf. Ons fokus op Nkosazana Dlamini-Zuma, Ebrahim Patel of Lindiwe Zulu, en op vermeende of werklike skeure, breuke of spanning in die kabinet, terwyl ons die Covid-19-virus probeer verstaan. Hierdie obsessie is ’n fatale fout. Dit beklemtoon ons eie (werkende joernaliste se) wanbegrip van die verskil tussen politiek en bestuur; die verskil tussen politieke intriges en staats- of openbare diens...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
LOS DIE SEXY OPSKRIFTE
Bogger die politici, bekyk die verpleërs
Ons kyk op die verkeerde plekke oor hoe ons ’n baie waarskynlike golf van infeksies gaan kan hanteer, skryf ISMAIL LAGARDIEN.
Deel
EK het in ’n stadium vir ’n wyle ’n redakteur gehad wat deur die ou Argus-groep na die Sowetan gestuur is om ons “te help” om beter as ’n nuuseenheid te funksioneer. Dit het saamgeval met my eerste of tweede jaar as politieke korrespondent – en as die eerste persoon van ’n swart koerant wat destyds in 1990 of 1991 na die parlementêre persgalery gestuur is. Elke oggend sou hy my bel en sê: “Dink aan die banier. Dink dan aan die opskrif. Skryf dan die storie.”
Ek sou van diensweiering aangekla kon word, want my reaksie was dikwels dat dit ’n formule vir sensasiebejag was – waarna ons vandag as klik-lokaas verwys. Dit was boonop nie die soort joernalistiek waarvan ek deel wou wees nie; dis seker geen verrassing dat ek uiteindelik in die akademiese wêreld beland het sonder om ooit die joernalistieke impuls te verloor nie. Ek was nie geïnteresseerd in wat verkoop of jou aandag getrek het terwyl jy op die hoofweg ry nie – koerantbaniere wat jou met ’n sexy boodskap en parmantige opskrif wou lok om die koerant te koop.
Ons wil deesdae graag sexy en parmantige stories skryf. Ons fokus op Nkosazana Dlamini-Zuma, Ebrahim Patel of Lindiwe Zulu, en op vermeende of werklike skeure, breuke of spanning in die kabinet, terwyl ons die Covid-19-virus probeer verstaan. Hierdie obsessie is ’n fatale fout. Dit beklemtoon ons eie (werkende joernaliste se) wanbegrip van die verskil tussen politiek en bestuur; die verskil tussen politieke intriges en staats- of openbare diens...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Ismail Lagardien
SkrywerIsmail Lagardien skryf al van toeka se dae af. Hy is 'n rubriekskrywer wat worstel met die realiteit om hom. Hy was op die sekretariaat van die nasionale beplanningskommissie en is 'n besoekende professor by Wits se Skool vir Regeerkunde.