Die ANC se kultuur van uitermatige geweld

‘KLAP HULLE’

Die ANC se kultuur van uitermatige geweld

Skiet om dood te skiet. Chemiese kastrasie vir verkragters. Gevangenes wat hulle eie urine moet drink. GARETH VAN ONSELEN skryf oor hierdie en ander vorme van ‘progressiewe’ polisiëring in Suid-Afrika.

IN September 2017 was Fikile Mbalula die minister van polisie. Hy het voor 'n groot groep polisielede by die polisie-akademie in Pretoria-Wes gestaan en gesê: “Laat die misdadigers pis en hulle eie urine drink."

“Hoor julle my?" het hy gevra, asof hy met kinders praat. Soos een man, en soos kinders, het die polisielede geantwoord: “Laat die misdadigers pis en hulle eie urine drink."

Dit was een van talle oomblikke waar die ANC-regering die wet as iets buigsaams, as 'n diskresionêre stuk gereedskap in sy hande, voorgehou het. En met opsetlike voorbedagtheid het die ANC gesê oortree die wet gerus – ironies genoeg om diegene te straf wat dit ook oortree het. Die lyn tussen diegene in Suid-Afrika wat wet en orde moet handhaaf en diegene wat die wet oortree, is dun. En die ANC kalwe die hele tyd verder weg daaraan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.