Die pandemie in ons kinders se koppe

GEESTESGESONDHEID

Die pandemie in ons kinders se koppe

Dit is nie om te leer somme maak of moeilike woorde spel dat kinders moet terugkeer skool toe nie. Dit is vir hul geesteswelsyn, skryf ADRI KOTZÉ.

DAAR is 'n manier waarop die kamerdeur kreun net voordat dit die kosyn met 'n slag tref en 'n driftige ritme aan die voetstappe wat maak dat ek presies weet hoe die volgende drie minute gaan verloop.

Dit begin met 'n teatrale sug. (Minstens nog twee sal volg in reaksie op my matelose en middeljarige onkunde.) Daar is in die verbygaan 'n vinnige gluur van onder die semi-permanente frons terwyl Tiener 1 op die roeteerder afpyl.  Voordat ek nog “Wa … !” kan uitkry, sit hy dit af.

Uit die tuiskantoor-kamer waar sy pa werk, kom 'n gebulk en dan 'n string swetswoorde voordat nog 'n deur klap. Tiener 2, wat nou soos 'n gefolterde eekhoring die roeteerder bekruip, kerm iets oor 'n aanlyn chemie-klas waaruit hy geskop is.  ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.