Oor George Floyd, ’n knie op die grond en tuimelende standbeelde

RASWOEDE

Oor George Floyd, ’n knie op die grond en tuimelende standbeelde

Die geskiedkundige Floyd-oomblik is een wat ons in Suid-Afrika ook moet aangryp en diep laat nadink, skryf MAX DU PREEZ.

DIE geliefdes van George Floyd, wat op 25 Mei onder die knie van 'n wit Amerikaanse polisieman gesterf het, het een troos: Sy dood het tot diep nadenke oor rassisme en vooroordeel in baie dele van die wêreld gelei, ook hier by ons. 'n Swart man se naam was laas met Nelson Mandela op die lippe van soveel mense in die wêreld.

#BlackLivesMatter het skielik wêreldwyd hoofstroom geword. Dié hashtag is in 2013 deur 'n paar aktiviste in Amerika op sosiale media begin nadat die buurtwag wat Trayvon Martin doodgeskiet het, onskuldig bevind is. Die destydse teenkreet – #AllLivesMatter – is deesdae grotendeels gediskrediteer.

Floyd se laaste woorde, “I can’t breathe”, het 'n internasionale meem geword wat ook hier by ons deur die ANC en EFF gepopulariseer is. Die eens omstrede gebaar om met een knie op die grond te rus (to take a knee), word nou skielik ook nie meer as radikaal en verdelend beskou nie. Wit Demokratiese kongreslede het dit dié week gedoen, so ook tienduisende betogers in Amerika, Brittanje en Europa asook die EFF tydens 'n betoging voor die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.