Opgewakke Bennie en Charlize on the Importance of Being Opreg

ONS LEES VOOR UIT DIE WOEDEBOEK

Opgewakke Bennie en Charlize on the Importance of Being Opreg

Die Epog van Ongeregtigheid moet nou einde kry! Ook die Afrikaanse taalgemeenskap is tot hierdie hogere doel opgeroep, maar dit kan eers gebeur as die taal nuwe maniere vind om die emosies van ons tyd te verwoord, is C. LOUISE KORTENHOVEN se betoog.

NADEMAAL onlangse gebeure in die VSA en elders my opnuut tot die gewaarwording gelei het dat ons geliefde Afrikaanse leksikon gebrek ly aan gepaste terminologie om die emosies en toonaard van die Nuwe Gestalt bevredigend te verwerk, wil ek hiermee enkele lemma-stuiwers in die andersins ryke armbeurs van die taal probeer werp.

Voordat ek verder gaan – en ek gebruik die woord “ek” met voorbehoud en gedagtig aan my persoonlike prekonsepsies, omvangryke privilegieë, herhaalde versuim in die verlede om standpunt in te neem en onkunde oor die geldigheid van my eie geleefde werklikheid – wil ek dit as my vertrekpunt stel dat ons te kampe het met ’n taal wat staande probeer bly teen die aanslae van talryke inherente kontradiksies.

(Hierdie vertrekpunt, terloops, staan trots in die breë tradisies van ’n anargo-sindikalistiese weltanschauung en kritiese rasteorie.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X