Verbind al die kolletjies, en raak dán de moer in

LEWENS WAT SAAK MAAK

Verbind al die kolletjies, en raak dán de moer in

HERMAN WASSERMAN vra hoekom Suid-Afrikaners oor George Floyd tweet, maar stilbly oor Collins Khosa. Waarom proklameer al die Instagrammers dat Black Lives Matter, maar vaar nie die strate in oor Petrus Miggels nie?

EEN moontlikheid (https://africasacountry.com/2020/06/abolition-across-the-atlantic) is dat Suid-Afrikaners die polisiegeweld in die VSA grootliks deur ’n rasse-lens sien eerder as om die klas-karakter daarvan te erken.

Dit beteken dat jy die polisie se rassisme kan veroordeel sonder om vrae te vra oor die ekonomiese grondslag (https://africasacountry.com/2020/06/the-class-character-of-police-violence) vir die konflik. (As die polisie bier oor iemand se kop uitgegooi he (#gsc.tab=0)t wat op sy stoep in Oranjezicht of Sandton gesit en drink het en hom daarna vermoor het, sou dit sekerlik op die voorblad gewees het van al wat koerant is). Maar dis veiliger om rassisme te beperk tot individuele vooroordele eerder as strukturele onreg – daarom dat jy rassisme nie as ’n wit probleem (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2020-06-01-rassisme-is-n-wit-probleem/) kan raaksien nie, want van jou beste vriende is mos swart, jou pa was liberaal (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2020-06-01-rassisme-is-n-wit-probleem/) en jy sien nie kleur raak nie. Daar is ’n aanhaling van Mandela teen die muur van jou strandhuis en jy groet jou huisbediende in Xhosa, maar jy raak warm onder die kraag sodra daar van grondonteiening, welvaartbelasting (https://constitutionallyspeaking.co.za/where-are-you-going-to-stand-my-fellow-white-south-africans/) of erfgeld (https://constitutionallyspeaking.co.za/privilege-and-inheritance-time-to-disrupt-intergeneration-transfers-of-wealth/) gepraat word.

Dit is hierdie ontkoppeling van ras en klas wat ook verduidelik hoekom polisiegeweld gewoonlik ook nie opslae maak in die Suid-Afrikaanse media nie.  As ons wonder hoekom Suid-Afrikaners nie in hul hordes die strate ingevaar het om beswaar te maak teen die dood van Collins Khosa, Petrus (Pietman) Miggels, Sibusiso Amos en die ander slagoffers van die veiligheidsmagte gedurende die grendeltyd nie, moet ons  onthou: Hierdie slagoffers was nie net swart nie, hulle was ook arm. En arm mense maak meestal in ons land nie die nuus nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.