Wat as corona rooi en soos stekelrige knapsekêrels was?

SWART KERSFEES KOM

Wat as corona rooi en soos stekelrige knapsekêrels was?

Dink jy ook soms aan wat ons reeds verloor het, en wat ons dalk nog gaan verloor weens die coronavirus, saans, net voor jy gaan slaap? Die wetenskapjoernalis ELSABÉ BRITS skryf oor die onsekerheid van ’n wêreld vol gemaskerdes, waar mense alleen in hospitale sterf.

’N WEEK gelede, Maandagoggend, toe ek moes opstaan om te begin werk, het dit my getref. Dit was nog die hele tyd sluimerend in my gemoed, soos ’n draak wat lig geslaap het met ’n rokie wat nou en dan by die een neusgat uitkom. Maar jy gooi mos die hele tyd so ’n bietjie water op die vuur.

Net daar het ek besluit ek gaan in die bed bly, vir ’n onbeperkte tyd. Dalk tot volgende jaar, tot wanneer alles verby is. Die staat van inperking, maar ook die gevoel van ’n effense distopiese wêreld het my oorval. Dit was nie ’n irrasionele vrees nie, dit is steeds nie. Dit het alles net te veel geword, want ek weet die coronavirus word nie oordryf nie.

Die magdom aanlyn perskonferensies wat al hoe later in die dag gebeur. Die gesukkel en gesmeek vir behoorlike antwoorde – nie gesaniteerde persverklarings wat niksseggend is nie. Te min tyd. Rye en rye mense wat wag vir kospakkies. Hospitale wat al hoe voller raak. Somber mense by die apteek. Die uitbundigheid van Suid-Afrikaners wat weg is, en die strak gesigte. Die derduisende mense sonder maskers. Die haweloses in ons buurt wat skielik geboelie word. Diepgewortelde armoede. Die blaam. Ek kon nie meer nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.