’n ANC-kader se kreet vir ’n bekwame staat

ONS KÁN DIT MAAK WERK

’n ANC-kader se kreet vir ’n bekwame staat

Die ANC-regering praat van 'n nuwe benadering tot die ekonomie ná Covid – een waar die staat 'n groter rol sal speel om ongelykhede aan te pak en die ekonomie aan die brand te skop. Maar sonder 'n doeltreffende staatsmasjinerie sal dit misluk. Jacob Mamabolo, die Gautengse sekretaris van die SAKP en 'n lid van die provinsiale kabinet, is al vir jare 'n vaandeldraer vir ’n bekwame “ontwikkelingstaat”. ANNELIESE BURGESS het met hom daaroor gesels.

ONS ken mekaar nou al vir langer as 'n dekade, van toe ons in 2006 saam aan die departement van binnelandse sake se reuse-regrukprogram gewerk het.

Hy was die departementele leier van dié projek, wat deur die Harvard-universiteit se John F. Kennedy School of Government as die beste in die wêreld bekroon is.

Elke Woensdagoggend om 06:30 het Jacob Mamabolo sy plek ingeneem om 'n groot tafel met al die leiers van die verskeie werkgroepe vir die weeklikse projekvergadering. Die terugvoering was brutaal op die man af en daar was nie plek vir wollerige mooipraatjies en flou verskonings nie – vordering en verbeterings is gemeet in harde data en 'n sogenaamde “track en trace”-sisteem het elke stap van die verskeie produksieprosesse gevolg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.