Julius en Floyd in oranje gaan ’n politieke kentering bring

Julius en Floyd in oranje gaan ’n politieke kentering bring

Die inhegtenisneming van agt mense dié week op aanklagte van korrupsie by die VBS Mutual Bank gaan die politieke temperatuur in die komende maande aansienlik laat styg. Die rede? Dit is die voorspel tot aanklagte teen die EFF se twee topleiers, Julius Malema en Floyd Shivambu, wat volgens oorvloedige gepubliseerde getuienis persoonlik by die plundering van dié bank baat gevind het, skryf MAX DU PREEZ.

AS net die helfte van die getuienis wat deur die ondersoekende joernalis Pauli van Wyk in Daily Maverick ontbloot is in die hof gaan staande bly, gaan Malema en Shivambu baie lank tronk toe gestuur word.

Dit sal nie net die einde van hulle eie politieke loopbane beteken nie, maar sal waarskynlik ook die EFF tot ’n splintergroepie reduseer. Malema veral is die hart en siel van die EFF.

Dit sal die politieke toneel in Suid-Afrika fundamenteel verander. Die EFF het wel net 10% steun onder kiesers, maar het waarskynlik ’n groter invloed op die nasionale politieke diskoers as selfs die Amptelike Opposisie, die DA...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.