POLITIEKE NOTABOEK | Cyril was nie on top nie, hy was inside

VAN STRUGGLE ENVY TOT SPELKUNDIGE ONGEREGTIGHEDE

POLITIEKE NOTABOEK | Cyril was nie on top nie, hy was inside

Cyril fuif kwansuis met die whiteys, en die media basuin politici se leuens uit, skryf MAX DU PREEZ.

JULIUS MALEMA se aanklag tydens 'n Jeugdagrede dat Cyril Ramaphosa met wit rykes gefuif het (“wining and dining with white capital”) terwyl die jeug van Soweto in 1976 hul lewe gewaag het deur teen apartheid op te staan, is natuurlik geheel en al onwaar, maar dié periode in Ramaphosa se verlede vertel heelwat van wie en wat hy was en is.

Ramaphosa was 'n Christen-aktivis aan Turfloop, die destydse Universiteit van die Noorde, en een van die leiers van die Student Christian Movement. Hy het geleidelik by die versetpolitiek betrokke geraak, hoofsaaklik onder die invloed van die swartbewussynsbeweging, en is in 1974 vir 11 maande sonder verhoor in afsondering aangehou.

In 1976 was hy betrokke by die Black People’s Convention in Soweto en is hy weer gearresteer en toe vir ses maande aangehou, meestal in die selle van John Vorsterplein. So much for wining and dining with white capital...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.