POLITIEKE NOTABOEK | Het Zille se kop uitgehaak?

DA SE TWITTERATI

POLITIEKE NOTABOEK | Het Zille se kop uitgehaak?

MAX DU PREEZ probeer sin maak uit Helen Zille se selfvernietigende gedrag wat haar party pas weer nog 'n helse terugslag gegee het.

NÁ haar jongste onsinnige Trump-agtige Twitter-bom het selfs van haar stoere ondersteuners in die DA begin ophou om haar te verdedig en vra hulle nou dié vraag wat van haar ou vriende al lankal vra: Wat de hel het met Helen skeefgeloop? Daar is selfs dié wat hardop wonder of sy nie 'n psigiater moet gaan sien nie.

Dit is inderdaad 'n raaisel. Hoe het sy van 'n progressiewe aktivis teen apartheid, 'n dinamiese politikus wat die DA 'n werklike faktor in die nasionale politiek gemaak het, die beste burgemeester in die land én 'n premier met 'n uitstekende rekord gevorder na 'n reaksionêre onbegeleide missiel wat haar party stelselmatig van binne vernietig?

Op Facebook, Twitter en in WhatsApp-groepe het dit gegons: Is Helen dalk onstabiel? Kan dit dalk vroeë demensie wees? Het iets ergs dalk met haar gebeur wat haar oordeel en mening so aangetas het? Of was sy eintlik maar altyd 'n oustyl- wit liberal met 'n ras-chip op haar skouer wat bloot as progressief geparadeer het toe dit haar gepas het en eintlik net wit belange op die hart gedra het?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.