Proteste teen standbeelde: Wat het nou eintlik verander?

KAIROS-OOMBLIK

Proteste teen standbeelde: Wat het nou eintlik verander?

Standbeelde kan nie vir hulself praat nie. En as jy nie vir jouself kan praat nie, moet jy maar die oordeel aanvaar wat jou toegedig word. Die toekoms sal leer of dit ook vir ons sal geld, skryf LESLIE VAN ROOI.

STANDBEELDE is weer in die nuus. Veral in die VSA, Brittanje, Nederland, België en Frankryk loop standbeelde van eertydse seevaarders, slawehandelaars en ander heersers wat in vroeë eras erken was, tans deur. Voortvloeiend uit die wêreldwye Black Lives Matter-beweging is standbeelde in sekere kontekste nou die middelpunt van gesprekke en proteste rondom verandering.

Wat veral opvallend is, is dat die gesprekke onder studente en ander jongmense tans byna die idee skep dat dit nou vir die eerste keer eers werklik plaasvind. Meer nog, vorige geslagte word by tye selfs daarvan beskuldig dat hulle (ons?) niks gedoen het om dinge werklik reg te stel nie. Dit is ten diepste ’n vraag oor die aard van verandering.

Hierdie aanklag is natuurlik nie iets nuuts of vreemds nie. Dit is byna elke geslag se voorreg om te beleef dat dit nou die kairos-oomblik is. Dink maar aan die rasionaal agter groot bewegings hier en elders – ook oor die Soweto-opstande van 44 jaar gelede. Die kenmerk van ’n kairos-oomblik is dat die draai- en kantelpunt nóú is en dat dinge daarna op ’n ander trajek geplaas word. En dít is nie elke geslag beskore nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X