TWEE onlangse verwikkelinge skyn die soeklig hierop: die ongure kaskenades van die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, en die skokkende uitsprake van landdros Kholeka Bodlani van Umlazi. Dalk moet ons die storm rondom hoofregter Mogoeng Mogoeng se politieke uitsprake oor Israel hierby voeg.
Miskien was ons naïef om te dink ons regstelsel was immuun teen die kruipende agteruitgang van ’n struikelende staat en ’n verrottende regerende party.
Die onbetaamlike gedrag van regters is belangrik omdat dit die hoër howe raak en dus ook die meeste publisiteit geniet, maar die wanfunksionaliteit van die landdroshowe en die onbekwaamheid van vele landdroste rig op gemeenskapsvlak meer skade aan...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.