POLITIEKE NOTABOEK | O wye en droewe land (Episode 7)

DINGE LYK DONKER

POLITIEKE NOTABOEK | O wye en droewe land (Episode 7)

Die verwoestende impak van die Covid-19-pandemie op Suid-Afrika is toe veel erger as wat selfs die doemprofete voorspel het – so ook die onbeholpenheid en onbekwaamheid van die regering en sy burokrasie. En in dié tyd van nasionale katastrofe word R10.1 biljoen eerder aan ’n bankrot lugdiens vir die elite bestee, skryf MAX DU PREEZ.

O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit ’n hoë blydskap kom
deur jou stil droefenis?
– N.P. van Wyk Louw

Ek dink nie ek was al ooit so swartgallig oor my land se se toekoms as ná dié week se insigte in ons ekonomie en die optrede van die uitvoerende gesag en die burokrasie nie.

Ek is nie van nature pessimisties nie. Ek is ook al lank genoeg op onse aarde om nie te verwag het dat Suid-Afrika oornag uit die as van kolonialisme en apartheid sou opstaan en skielik ’n modeldemokrasie met ’n florerende, moderne ekonomie sou word nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.