SA se sosiale kontrak is aan flarde – dis tyd dat die kripvreters boet

KONTRAKBREUK

SA se sosiale kontrak is aan flarde – dis tyd dat die kripvreters boet

Twee video's, onderskeidelik deur Trevor Noah en Vusi Thembekwayo, het JAN HORN laat besef dat daar van die sosiale kontrak waarby ons almal – swart, wit, bruin, Indiër – in 1994 ingekoop het, nou net snippers oor is. Met Madibadag op hande is dit tyd dat die nasie, en veral ons heersers, weer aan die ooreenkomste van dié kontrak herinner word.

EK kyk na ’n video waar die komediant Trevor Noah op ’n rustige, maar ook intens persoonlike manier praat oor die oorweldigende emosionele reaksie op die dood van George Floyd aan die hand van ’n Amerikaanse polisieman. Ek kyk enduit na die video. Daar is baie wat Noah sê waarmee ek nie kan saamstem nie. Maar ek stem saam met die kern van wat hy sê: ’n Gemeenskap is ’n sosiale kontrak. Dit maak sin.

Wat is ’n gemeenskap, of “society"? Dit is ’n groep mense – ’n nasie – wat saam ooreenkom om ’n sosiale kontrak te sluit van ’n stel gemeenskaplike waardes. Waardes soos gelykberegting voor die wet. Morele en etiese waardes soos dat rassisme nie geduld sal word nie. Gelyke kanse, en toegang, tot opvoeding, mediese dienste, die privaat besit van grond en bates, beskerming van bates en ’n ekonomiese stelsel wat tot voordeel van almal is, nie net ’n uitgesoekte elite, ras, kultuur, groep of geslag nie.

Vir ’n gemeenskap om te funksioneer moet almal inkoop op die kontrak. Die regering moet toesien dat hierdie kontrak toegepas word. Die polisie is daar om die kontrak te beskerm. Die grondwet is die basis waarop elke burger hom kan beroep as hy voel die kontrak word nie nagekom nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.