Wat gebeur nou eintlik in die eerste vyf minute ná die dood?

ALTYD IS ’N LANG TYD

Wat gebeur nou eintlik in die eerste vyf minute ná die dood?

CAS WEPENER het onlangs ’n nuwe teorie raakgelees oor wat moontlik gebeur wanneer ons een dag ses voet diep langs mekaar ingespit lê. Hoewel hy dit met ’n knippie sout vat, klink dit nie na ’n slegte opsie nie.

DAAR is al baie bespiegel oor wat presies gebeur in daardie eerste minute nadat die wind wat ons vir ’n tydjie bewoon, besluit het om verder te waai. Wat gebeur in daardie eerste vyf minute, maar ook die daaropvolgende minute, ure en jare nadat dít wat oor is van ons van bokant die grond na onder die oppervlak verhuis?

Onlangs lees ek ’n geskrif wat dalk die fondament kan wees vir ’n nuwe teorie in dié verband. Ek is nie oortuig dat dit ’n beter opsie as ’n paar van die bestaande teorieë is nie, maar dit verdien om verken, getoets en geweeg te word.

Hierdie inperkingstyd waartydens heelwat mense noodgedwonge langer tye saam met ander in dieselfde ruimte bestee, bied ook die ideale atmosfeer waarbinne die teorie verken kan word. En ’n knippie sout kan help dat die verkenning nie te laf word nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.