Covid-19: Die regering moet eerder in die spieël kyk as om die ...

WAT NOU WEER?

Covid-19: Die regering moet eerder in die spieël kyk as om die burgers te blameer

Die regering kla nou steen en been dat Suid-Afrikaners nie hulle deel doen om die Covid-19 pandemie te bekamp nie. Maar Cyril Ramaphosa en sy kabinet het net hulle self om te blameer: Hulle het die aanvanklike sosiale kontrak met die burgery met hulle kragdagheid en onredelikheid verbreek en die eerste paar maande van streng inperking verkwis om vir die piek van die pandemie voor te berei wat nou op ons is, meen MAX DU PREEZ.

SUID-AFRIKA is nou in die hart van die Covid-19 storm met die vyfde meeste infeksies ter wêreld, maar die eerste vier lande, die VSA (331 miljoen), Brasilië (213 miljoen), Indië (1,4 biljoen) en Rusland (146 miljoen) het almal baie groter bevolkings as Suid-Afrika se 59 miljoen. 

Wetenskaplikes se vroeëre skatting dat tot sowat 50,000 Suid-Afrikaners weens Covid-19 kon sterf, begin al hoe meer realisties lyk. 

Die Mediese Navorsingsraad het pas gerapporteer dat daar sowat 17,000 of 59% meer sterftes weens natuurlike oorsake as verwag tussen 6 Mei en 14 Julie was, wat waarskynlik beteken dat die sterftesyfer weens Covid-19 aansienlik hoër as die aangemelde sowat 6,000 is. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.