LESERSBYDRAE | SA staan voor ’n waterskeiding

MISLUKTE STAAT

LESERSBYDRAE | SA staan voor ’n waterskeiding

’n Leser meen korrupsie is soos ’n dwelmverslawing; jy verander dit nie met goeie bedoelings nie. En volgens hom is die skrif aan die muur vir Suid-Afrika wat al hoe meer na ’n mislukte staat neig.

  • 24 Julie 2020
  • Vrye Denker
  • 2 min om te lees
  • artikel 23 van 28

DIE berigte van die afgelope weke oor verwikkelinge rakende die Zondo-kommissie, Shamila Batohi, VBS, munisipale oudits, geweldsmisdaad, asook ons president se lae profiel sê vir my ons is by 'n waterskeiding wat ontnugtering en skeptisisme betref.

Ek sien dit aan my vriende se kommentaar op sosiale media. Dit neem my terug na die vroeë 1980's toe ek soms hoflike briewe aan Die Burger geskryf het om daarop te wys dat ons op 'n groot ramp afstuur as daar nie spoedig ingrypende hervorming plaasvind nie. En dan wys die redaksie my in 'n kursiefgedrukte notatjie daarop dat die eerste minister gesê het hy sal doen wat hy gesê het hy sal doen. Ek het nou nog een van daardie uitknipsels. Maar ons was gelukkig. PW se beroerte en FW se verkeerde somme het ons gered.

Daar is nou 'n duidelike skrif aan 'n nuwe muur, in 'n taal wat ons almal behoort te verstaan. Die goeie ouens beheer die dinge wat nie vir die slegte ouens saak maak nie. En die goeie ouens ken die reëls van die spel. Krap ’n bietjie hier en krap ’n bietjie daar. Daar waar dit nie baie saak maak nie. Praat oor die res, maar los dit uit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.