LESERSBYDRAES | Dankie, Max, ons stem saam oor Cyril

SÊ JOU SÊ

LESERSBYDRAES | Dankie, Max, ons stem saam oor Cyril

‘Ons voel ook so!’ blyk die algemene reaksie te wees op Max du Preez se bulletin waarin hy erken dat Cyril ongelukkig nie die pyp rook nie.

  • 24 Julie 2020
  • Vrye Denker
  • 2 min om te lees
  • artikel 22 van 28

ONGELUKKIG waar, alles wat jy skryf, en wat help dit nou om te sê “my feelings exactly". Hoewel, iemand wat na aan hom was in sy BEE-“besigheidsdae" het my van die begin af gewaarsku hy is nie die man nie. So vat ons maar die pyn. Die vraag van die dag is net: Wie nou? – Iris van Breda

Ek weet jy het al baie kritiek ontvang, maar op die siening soos uitgedruk in hierdie artikel moet ek jou hartlik komplimenteer. Dit wil voorkom of hy, ons president, in optrede deur die verkeerdes voorgesê en gelei (en moontlik gely) word, en dat hy op sleeptou geneem is. Die rol van joernaliste raak al hoe belangriker. Sterkte met die groot taak en voorspoed met die nuusblad. – Gerrit Erasmus

Max, baie dankie. Ek voel presies soos jy! Die groot vraag vir my is: Wat is die alternatief? Ons het nie eens 'n beduidende opposisie nie. Ek het ’n hele ruk terug een van Johan Bakkes se reisverhale gelees. Wat ek onthou, is iets wat hy iewers in Afrika in 'n kroeg teen die muur gelees het: “Fighting for peace is like f*cking for your virginity." (Jammer, ek praat nie gewoonlik lelik nie.) Dit is egter hoe mens amper voel ... – Pieter Oelofse..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.