Die muilband van #AllLivesMatter

#BLM

Die muilband van #AllLivesMatter

Hoekom is sportsterre se ondersteuning van #BlackLivesMatter so bedreigend vir so baie wit mense, vra BETTINA WYNGAARD na aanleiding van Springbok- en Protea-truie wat in kaggels brand.

HIERDIE week het talle sportmal mans kaggel gemaak en hul Springbok- en Protea-truie verbrand. Hoekom? Uit protes omdat sekere sportmanne dit durf waag het om te sê swart lewens maak saak en uit hul eie lewens getuig het hoe hulle op verskillende maniere uitgestoot is uit sportkringe.

Dis eintlik maar net 'n variasie op die skottelprotes 'n ruk gelede, toe baie, waarskynlik selfs dieselfde mans, hul satellietskottels vernietig het. En oor min of meer dieselfde gesprek, aangesien daar in albei gevalle ongemaklike vrae rondom rasseverhoudings oopgevlek word. Ons wil so graag glo dat ons die reënboognasie is van Madiba en Tutu en die gemoedelike bier-advertensies waar verskillende rasse heerlik saambraai, alle getuienis tot die teendeel ten spyt.

Black Lives Matter is nie nuut nie. Elke paar maande wanneer Amerikaanse polisie weer 'n swart man vir min of geen rede vermoor, vlam die protes op. George Floyd het vanjaar die gesprek op 'n spits gedryf, maar hy was maar een in 'n lang ry swart mense wat aan die hand van polisie gesterf het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.