Hartswater: Hoe verwerk ’n mens dit?

ALLE LEWENS MAAK SAAK

Hartswater: Hoe verwerk ’n mens dit?

Die moorde op Danie, Breggie en Elzabie Brand van Hartswater het dié week baie mense geruk. JAN HORN het hulle geken en skryf dat hy wens hy het die antwoorde op dié skynbaar sinlose moorde gehad.

EK het op Magogong in die Vaalharts-besproeiingskema grootgeword. Die plase daar het nommers. Ons s’n is 5K14. Die Brand-egpaar het op M9 gewoon, net ’n paar kilometer van waar my broer Michael en sy vrou vandag nog op ons familieplaas boer.

Sondagmiddag het Breggie Brand en haar dogter Elzabie die tafel gedek vir ’n lekker ete en kuier om op te vang met familienuus. ’n Rumoer buite het Breggie se man, Danie, laat uitstap. ’n Baksteen het hom teen sy kop getref ...

Die Brands is ou familievriende van my ouers. Met my pa se afsterwe het die Brands sy herdenkingsdiens op Hartswater bygewoon. Elzabie was saam met my broer op skool. Al wat van hul Sondagmiddagete oorgebly het, is ’n bloedbesmeerde huis...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.