MY vrou maak dié week klaar met haar chemoterapie vir borskanker.
Wat aanvanklik tydens haar heel eerste mammogram tot nog toe as net ’n klein groeisel gesien is, het tot ’n dubbele mastektomie gelei en ná verdere ontleding was dit toe ’n baie meer agressiewe en groter borskankergewas as wat oorspronklik gediagnoseer is. Die chemo was ’n proses wat 12 weke geduur het, waartydens sy elke Vrydag vir drie uur by die hospitaal op ’n chemo-drup moes wees. Niks kon my as eggenoot werklik voorberei om jou beste maat só te sien swaarkry nie.
Die chemo is maar ’n bliksem (dié kragwoord is nog lig vir hoe ek werklik voel) al red dit soms lewens. Sy is ’n begaafde haarstilis en bestuur ’n suksesvolle salon. Die haarverlies was dus vir haar ’n aanval op haar identiteit waarteen sy aktief moes terugveg. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.