‘Donald de la Rey, sal jy die mensdom ná hierdie bier kom bevry?’

SKAPE SONDER ’N HERDER

‘Donald de la Rey, sal jy die mensdom ná hierdie bier kom bevry?’

Al hoe meer mense word deesdae lid van die “Kerk van die Soeke”, skryf RONEL NEL. Hulle soek ’n leidsman, ’n menslike herder wat hulle sal kom red. En dié mentaliteit maak dit vir kultusleiers, soos Donald Trump en ons eie Julius Malema, kinderspeletjies om ’n nasie van die wal af in die sloot te help. Maar hoekom is mense so goedgelowig?

  • 07 Augustus 2020
  • Vrye Denker
  • 12 min om te lees
  • artikel 13 van 29
  • Ronel Nel

’N PAAR jaar gelede was dit nie vreemd nie om in ’n kroeg of by ’n braai te sien hoe ’n paar dronkerige ouens wiegend saam met Bok van Blerk sing: “De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei, De la Rey, De la Rey ...” ’n Black Label in die linkervuis en die regtereen in die lug – of om ’n pêl se skouers. Dalk het jy vir die pret en as gevolg van een bier te veel selfs saamgesing.

Die volgende oggend het jy jou kop in ongeloof geskud. Hoe de hel het dít gebeur?

Jy dink tog aan jouself as ’n gematig-liberale wese. Ek meen, jy kom goed oor die weg met die swart manne by die werk en het in jou lewe nog nooit die k-woord gebruik nie. Maar daar staan jy toe, vuis in die lug, en sing ’n informele, opruiende nasionalistiese “volkslied", soos ’n Nazi-aanhanger by Nuremberg-saamtrek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.