Norma én Malusi Gigaba is slagoffers van brose wit baasskap

HUISMOLES IN WATERKLOOF

Norma én Malusi Gigaba is slagoffers van brose wit baasskap

Norma Malusi se bittere vernedering aan die hand van die sistemiese patriargie kan slegs verstaan word aan die hand van insigte in toksiese maskuliniteit en ander merkers van die Westers-gesentreerde maatskaplike hegemonie, voer C. LOUISE KORTENHOVEN aan (al voel sy baie sleg daaroor dat ’n mooi Mercedes so verniel is in die proses).

(Indien u bandwydte dit moontlik maak, luister gerus hierna (https://www.youtube.com/watch?v=Rg4L5tcxFcA) terwyl u lees.)

IN my akademiese kringe is daar ’n diepe besorgdheid oor die kleinburgerlike klem wat in die Gigaba-sage op pre-gedekonstrueerde “feite” geplaas word, ten koste van enige pogings om deur onder meer kritiese rasteorie tot dieper en selfs geriefliker insigte te kom. Gun my dus die geleentheid om die gebeure uit ’n post-Marxistiese metaperspektief te beskou, in die vae hoop dat die deure van persepsie dalk net effens vir ons sal oopskuif.

Eerstens wil ek die twyfelagtige bestaande pogings tot ’n hiërargie van slagofferskap in hierdie vergestalting van die werklikheid uitdaag. Ruimte en die nodige diepgang van intellektualiteit ontbreek ongelukkig sodanig dat niks minder as enkele vlietende en oppervlakkige opmerkings moontlik is nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.