BAIE kommentators skryf deesdae gereeld geweldige kritiese artikels oor die regime en die administrasie. En hulle maak sulke algemene, hoëvlak- apokaliptiese uitsprake. Met ander woorde, sonder detail. Maar dan word die artikel later opgevolg met 'n suigstokkie deur die konsentrasiekampheining.
Dinge is tog nie so sleg nie. Blou lug, sonskyn, boerewors, goeie en goedkoop wyn (nè?), die hoofregter, die pers, en so aan. Daar is wel uitsonderings. Sommige lesenswaardig en ander minder so. En almal score nie ewe hoog of ewe laag nie.
'n Mens moet natuurlik verstaan dat 'n politieke kommentator ook 'n binnekant het. Hy is ook net mens. En hy wil nie voel of hoor hy het nie hoop of geloof of vertroue in die reënboognasie nie. Hy wil nie te negatief wees, of 'n pessimis of 'n bitterbek nie. Ons mense is dan ons grootste bate, of hoe?..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.