Ruggraatloos? Nee, Ramaphosa speel ’n delikate spel

BENARDE OPSIES

Ruggraatloos? Nee, Ramaphosa speel ’n delikate spel

Daar sal altyd diegene wees wat na pres. Cyril Ramaphosa se onmoontlike keuses verwys as die manifestasie van die stryd tussen twee faksies in die ANC, maar ongelukkig is die politieke landskap aansienlik meer gekompliseerd, skryf PIET CROUCAMP.

DIE idee dat daar net twee faksies binne die voormalige bevrydingsbeweging is, maak staat op die illusie dat die openbare spektakel wat tans in en om Luthuli-huis heers 'n geval is van goed teen sleg, die Zuma-lojaliste teen die Ramaphosa-faksie, of die korruptes teen diegene wat skoon regering voorstaan.

As dit die geval was, kon Ramaphosa die eenvoudige keuse gemaak het om sy opponente tromp-op te loop. Die ANC wat Cyril Ramaphosa moet bestuur, is 'n aansienlik meer komplekse gedierte. Selfs al ervaar Shamila Batohi skielik 'n oomblik van pre-terminale opflikkering, en sy vervolg Ace Magashule en al die Guptas se vriende, sal dit nie Ramaphosa se lewe noodwendig makliker maak nie. Die ANC bestaan nie uit twee faksies nie, maar eerder uit 'n digverweefde hoeveelheid uiters onbestendige verbintenisse tussen mag, geweld en patronaatskap.

Wanneer Ramaphosa dus sy risiko’s bereken, is Ace Magashule nie 'n primêre predatoor nie. Afgesien van Ace se opportunistiese geplunder van provinsiale begrotings is daar geen indikasie dat hy 'n faktor, soos byvoorbeeld David Mabuza, in landelike magspolitiek is nie. Hy is die marionet wat die kasregister oophou vir die kaders wat uiteindelik Luthuli-huis se balansstaat stewig moet hou. Maar die feit dat die ANC se hoofkwartier nou al 'n geruime tyd swoeg om maandeindsalarisse te betaal, vertel jou baie van Ace se sukses as SG. Hy help homself beslis ook aan die silwerkollekte, maar hy sal altyd net meer as ses karpaaiemente van bankrotskap af wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.