Dié seksistiese omgang met tepels is ’n speen des aanstoots

AKADEMIESE TITELS

Dié seksistiese omgang met tepels is ’n speen des aanstoots

Selfs donkerder ideologiese stormwolke as gewoonlik dreig om hierdie September saam te pak oor die departement djender-studies by die universiteit waaraan C. LOUISE KORTENHOVEN verbonde is.

TERWYL die aanbreek van lente elders in akademia dikwels met ligte hart en bonsende skoeisel ontvang word, dryf September elke jaar diepgewortelde onmin in die geledere van ons departement op die spits.

Aan die kern van hierdie tweespalt – in vele opsigte is dit eintlik selfs ’n drie- of vierspalt – lê die botsende sensitiwiteite wat meegebring word deur die Zoeloe-ritueel bekend as Umkhosi woMhlanga, oftewel die Rietseremonie of Rietdans. (’n Soortgelyke ritueel bestaan in Eswatini, maar dit resorteer onder internasionale betrekkinge en val dus buite die bestek van hierdie bespreking.)

Vir diegene wat dalk nie met die Rietdans vertroud is nie, dit behels die jaarlikse byeenkoms in September van sogenaamde maagde wat as sogenaamde Zoeloes identifiseer om met ritmiese begeleiding en sonder enige bedekking van hul mammariese gewelf voor die sogenaamde koning te paradeer, en sodoende die skyn van seksuele onthouding in die aangesig van die Zoeloe-Volksmoral te bewaar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.