Doodsvlugte oor die see

BOSE HOOFSTUKKE

Doodsvlugte oor die see

MAX DU PREEZ skryf oor 'n nuwe boek met grusame besonderhede van hoe die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte in die apartheid-era guerrillas vanuit vliegtuie in die see gegooi het.

DIT help nie om jou eie mense se booshede in jou gemoed te begrawe nie. Dit is op die ou einde bevrydend vir jou self om dit in die oë te staar, dan hoef jy nie in donker oomblikke te wonder hoeveel jy nié weet nie. En as jy in jou hart weet jy is nie van dieselfde stoffasie as die boosaards nie, dan maak dit jou eie lewe ligter en kan jy 'n verlammende skuldgevoel in 'n sin vir verantwoordelikheid omdraai.

Aan die woord is die filosoof-aktivis Ariel Dorfman in 'n gesprek met my tydens 'n lang motorrit deur die Oos-Kaap in 1997. Dorfman was die kulturele adviseur vir die Chileense president wat in 1973 in 'n staatsgreep omvergewerp is, Salvador Allende, en moes toe in ballingskap in Amerika gaan woon. Daar het hy 'n prominente akademikus geword, maar hy is meer beroemd vir sy toneelstuk Death and the Maiden, waarop die film met dieselfde naam gemaak is met Sigourney Weaver en Ben Kingsley in die hoofrolle. Dit is die verhaal van 'n vrou wat die man ontmoet wat haar gemartel het.

Dorfman was in Suid-Afrika om die Waarheid-en-versoeningskommissie se prosesse waar te neem, en ek het 'n dokumentêre film oor hom gemaak. Dit was tydens een van ons lang ritte saam dat ek vir hom gesê het die getuienis voor die WVK wat ek as joernalis daagliks oor drie jaar beleef het, het my uitgemergel en dat ek soms wonder of ek liewer nié alles wil weet nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.