SUID-AFRIKA se nasionale luim was nog selde so somber. Kommentators waarsku reeds jare lank dat die land by ’n kantelpunt is, die fiskale afgrond nader, ’n skuldstrik te wagte kan wees of by ’n kruispad staan waar hy die grootpad na vinniger groei of die kortpad na ekonomiese Armageddon moet kies.
Die vraag is nou, terwyl die land deur die piek van die Covid-19-pandemie worstel, en met die nasionale bui wat deur die regering se knoeiery met die inperkingreëls versuur is, of alles verby is vir Suid-Afrika. Kan die land homself uit sy doodspiraal terugtrek of is dit te laat om die ekonomie te herstel?
Deur Suid-Afrika se soewereine kredietgraderings tot rommelstatus te verlaag, het al drie die groot graderingsagentskappe basies gesê die land het die stryd verloor. Eenvoudig gestel: Hulle glo nie genoeg strukturele en fiskale hervorming sal plaasvind om Suid-Afrika se groeikoers voldoende te verhoog om sy galoppende skuldtrajek te stabiliseer nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.