Oscar – oor die lemnaeler se nuwe werklikheid

GEES KAN OORWIN

Oscar – oor die lemnaeler se nuwe werklikheid

Ná Oscar Pistorius se gruwelike ervaring kan hy uit die sloot van skuld en vernedering uitklim om uiteindelik ’n voller, ryker mens sonder vuurwapen of humeur te wees, skryf Vrye Weekblad-leser KOOS BOTHA.

  • 21 Augustus 2020
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • artikel 25 van 29

Beelde van die jagluiperd wat met volmaakte spiere en balans tussen kop, lyf, bene en stert spoed vermeerder, laat ons steeds in verwondering oor die prag van die lewe. Die renperd gee ’n beeld wat verwondering oor die prag van die samestelling van vel, vlees en been in ons wek. Ons kyk ook met verwondering en agting na mans en vroue wat lieflik en so na moontlik aan volmaak geskape is. Die pragtige skoonheidskoninginne wat ons op straat sien en atlete soos veral swemmers met hul mooi gespierde nekke, arms en bolywe en die hele torso, asook bobene en gespanne kuite, laat ons met welbehae staar. 

Maar daar is ook die beeld van Oscar Pistorius met stompiebene wat deur toewyding en deursettingsvermoë die beskikbare lyf en bobene so gespierd ontwikkel het dat hy met staallemme aan hom vasgegespe, ongekende verwondering op die atletiekbaan afgedwing het. Geen wonder dat hierdie mens as atleet saam met Nelson Mandela wêreldwyd ikoon-status verwerf het nie. 

Daarom is mense in twee geskeur deur die gebeure van 14 Februarie 2013. Die teenkant van die prag van die mooi lyf en volronde menslike bestaan in die vorm van gebreke en tragedie. Die mens se oorwinning oor liggaamlike gebrek is bewonderenswaardig. Maar oorwinning oor alle gebreke en tragedie is miskien ’n groter wonderwerk omdat dit die elegante en kragtige gees van die mens met volharding vir ons uitwys. En as ek praat van volharding, praat ek in ootmoed omdat ook dit eerder deur toevallige insig en hulpbronne in talle vorme bereik word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.