‘Verlos kinders van bakhand staan vir ’n skeppie kennis’

’N NUWE SOORT LEER

‘Verlos kinders van bakhand staan vir ’n skeppie kennis’

Verskuif die fokus van onderrig na ware leer, skryf Vrye Weekblad-leser ANELLE BURGER, woordvoerder van Cape Home Educators.

  • 21 Augustus 2020
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • artikel 24 van 29

Die reg op basiese onderwys is ’n universele mensereg, maar dit verskil in een belangrike opsig van ons ander regte: Dit is die enigste reg met ’n verpligting. Jy kan kies of jy die reg op godsdiensvryheid wil beoefen of nie. Jy kan kies of jy jou reg op vryheid van spraak wil uitoefen en of jy eerder wil stilbly. Jy het egter nie ’n keuse ten opsigte van jou reg op basiese onderwys nie. Die SA Skolewet verplig kinders om vir nege jaar skool by te woon, tensy hulle ’n vergunning ontvang het om tuis onderrig te word.

Me. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het tydens ’n konsulterende gesprek oor die Beleid vir Tuisonderwys (“Roundtable Discussion on the Policy on Home Education”) op 28 Februarie 2020 bevestig dat die departement ’n mandaat het om onderwys deur middel van die kurrikulum te lewer.

Ek het in 1994 gematrikuleer. Ek het geleer om my meerderes, geestelike leiers en die regering te respekteer. Ek het ook geleer dat ons leiers weet wat die beste vir ons is en om nie hulle dade of bedoelings te bevraagteken nie. Ek is geskool vir die lewe van ’n gehoorsame en onderdanige burger van ons land. Ek was die resultaat van onderwys deur middel van ’n staatsvoorgeskrewe kurrikulum...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.