Bisarre beslissing oor madrassa-saak wetlik verkeerd

KAN VOOROORDEEL AANWAKKER

Bisarre beslissing oor madrassa-saak wetlik verkeerd

Die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof het verlede week ’n madrassa in Durban ’n opdrag gegee om seker te maak sy oproepe tot gebed is nie hoorbaar in 'n buurman se huis oorkant die pad nie. Hierdie uitspraak is wetlik verkeerd, skryf PIERRE DE VOS.

OM ’n madrassa te beveel dat sy oproepe tot gebed nie vir bure hoorbaar mag wees nie, is ’n swak beredeneerde hofbeslissing en klaarblyklik regtstegnies verkeerd, want die reg vereis bure moet “leef en laat leef”. Dit het ook die ongelukkige uitwerking dat dit indirek godsdienstige vooroordeel jeens die Islamitiese geloof kan aanwakker.

As jy in ’n dorp of stad woon, gaan jy geraas hoor. Baie daarvan. Verkeersgeluide, honde wat blaf, dronk mense wat baklei, kerkklokke wat lui, harde musiek, vrolike sportondersteuners wat hul span aanmoedig en, in sommige gevalle, die oproep tot gebed. Jou bure kan ook jou vrede op ander maniere versteur. Gholfballe kan dalk in jou agterplaas land (meer hieroor later), die blare van jou buurman se boom kan jou Kreepy Krauly verstop, die reuk van jou buurman se tuisgebroude pynappelbier hang dalk suur in die lug en motors word dalk op jou grasperk geparkeer. Hierdie is alles dinge wat neusinstekerige mense kwaai briewe aan die Atlantic Sun of Sandton Chronicle laat skryf, of vir Merle van Vishoek laat inbel na John Maytham se Cape Talk-program sodat sy kan kla.

Die meeste van ons sou nie droom om die hof te nader vir ’n interdik om hierdie soort “ergernisse” vas te vat nie. (Tog het ek by die piek van die inperking vlugtig oorweeg om ’n interdik teen die beheerliggaam van die WhatsApp-groep te bekom om die verspreiding van vals nuus te stuit.) Die meeste van ons sal nie so iets doen nie, want daar’s baie belangriker dinge om jou oor te bekommer. Ons verstaan ook dat dié ongeriefies – indien dit wel ongeriewe is – ’n klein prys is om te betaal vir al die ander voordele wat jy kry om as deel van ’n soort gemeenskap in ’n stad te kan woon...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.