’n Plastiek-leerstoel op die brandpunt tussen Karl Marx en die Beatles
AARBEILANDE VIR ALTYD

Dit is in die belang van die breër samelewing dat djenderstudies die uitdagings van die tye oorkom en selfs floreer – en om dít reg te kry, moet buite die gebruiklike akademiese boks gedink word, betoog C. LOUISE KORTENHOVEN.
HIER in die donkervuil ideologiese loopgrawe van die departement djenderstudies worstel ek en my kollegas daagliks met die verwikkelde problematiek van hoe om komplekse situasies in aller welt te reduseer tot enkelvoudighede wat hulle leen tot maklik uitvoerbare oplossings, selfs vir diegene wat ontneem is van enige werklike insigte, laat staan nog ’n waardige metateoretiese onderbou.
Nie die minste van hierdie uitdagings nie is die mate waarin baie van ons potensiële studente en borge hardnekkig weier om in te sien watter omvangryke finansiële gewin wink vir enigeen wat bereid is om hierdie snel ontwikkelende studieveld sy of haar eie te maak.
In die verlede kon die departement dikwels hierdie soort weerstand ondervang deur byvoorbeeld ’n noodsimposium in ’n gepaste eksotiese ligging te organiseer. Nie net word navorsing oor dwingende vraagstukke sodoende tot finalisering gebring nie, maar dit bied ook ryke geleenthede aan ’n veelvoud van kommersiële ondernemings om hul noodwendig ruim begrotings vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid op ’n hoogs sigbare en skynbewarende manier deur te bring, sonder die risiko dat sodanige projek inbreuk maak op bestaande winsmarges...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Solank as die rietjie in die water lê
Gigabas slagoffers van brose wit baasskap
Die Jin en Jan van seerowers en Nazi’s
Restaurant aan die Einde van Afrikaans
Die slag van Koffiefontein
Whisky Mikes op ons twaalfuur!
Deel
-
Deel
C. Louise Kortenhoven
KampvegterDr. C. Louise Kortenhoven is ’n djender-aktivis en kampvegter vir maatskaplike geregtigheid. Sy het ’n PhD (summa cum laude) in eiendomsbestuur aan die voormalige Trump University in New York.