Skakel die parasitiese middelman-kaders uit, en daar is weer...

NÁ DIE ANC

Skakel die parasitiese middelman-kaders uit, en daar is weer hoop vir SA

Dit help nie om te hoop die ANC word die een of ander tyd uit die magskussings gestem nie, want dit gaan nie gou gebeur nie, waarsku PIET CROUCAMP. Watter ander opsies is daar?

WAARSKYNLIK maak niks in die Suid-Afrikaanse politiek mens méér moedeloos nie as dat die ANC nog baie lank met ons gaan wees. Die volgende logiese vraag is: Is dit moontlik om die ANC te transformeer totdat die party gespeen is van die staatsbegroting?

Dit help nie om te hoop die ANC word in 'n verkiesing uitgestem nie, want dit gaan nie gou gebeur nie. En, selfs al val steun by die stembus vir Luthuli-huis tot onder 50%, is daar genoeg kleiner partye om in 'n koalisie steeds die meerderheid in wetgewers vir nog 'n hele paar verkiesings te wees. Soos dit is, regeer die ANC Suid-Afrika met die steun van net 27% van die stemgeregtigdes. Luthuli-huis kan steeds 'n verkiesing wen met die steun van net 22% van die kiesers, of selfs minder. 

Om die waarheid te sê, indien die ANC se steun ver genoeg daal, word die EFF 'n logiese bedmaat vir die meer korrupte kaders binne die regerende party. As ek vir 'n oomblik oor die duim mag blaas, sou ek argumenteer soveel as 50% van die lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) ondersteun reeds die meer omstrede EFF-beleid oor onteiening sonder vergoeding, die nasionalisering van die Reserwebank en sogenaamde radikale ekonomiese transformasie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.