Aanvaarding sal lei tot heling in SA

VOLG REGTE STAPPE

Aanvaarding sal lei tot heling in SA

In Suid-Afrika moet ons eerlik saam kan besin oor geregtigheid en ’n nuwe toekoms. Vrye Weekblad-leser CHARL ADAMS sê aanvaarding van die verlede se vergrype kan tot heling en ’n nuwe begin lei.

DIE psigiater Elisabeth Kübler-Ross het in 1969 in haar boek On Death and Dying gepostuleer dat die mens deur vyf stadiums gaan as jy terminaal siek is en wanneer jy deur ’n onnatuurlike dood in die gesig gestaar word.

Díe stadiums is ontkenning, woede, onderhandeling, hartseer en uiteindelik aanvaarding. Anders as die 12 stappe van Alcoholics Anonymous (AA) eindig Kübler-Ross met aanvaarding, terwyl AA met hierdie stap begin.

Suid-Afrika, voel ek, is ’n mengelmoes van al die bogenoemde stappe. My uitgangspunt is dat Suid-Afrika nie terminaal is nie, maar wel baie siek. Ek verskil van mense wat ons oor die dekades as ’n mislukte staat afgeskryf het en meen ons totale ondergang is onafwendbaar – soos sommige nou weer beweer. Jan Smuts het gesê die beste en die ergste gebeur nooit in Suid-Afrika nie. Ons moet by aanvaarding begin...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.