Oor stoepsitters, draadsitters en vuurtjiesitters

DIEP KAGGELGEDAGTES

Oor stoepsitters, draadsitters en vuurtjiesitters

Sy’s ’n kaggelsitter in murg en been, skryf Vrye Weekblad-leser SUSAN EHLERS, op ’n vuursitstoeltjie wat ’n erfstuk is. Met ’n glasie rooiwyn in die hand, kan die res van die wêreld maar in die koue vergaan.

  • 04 September 2020
  • Vrye Denker
  • 4 min om te lees
  • artikel 18 van 25
  • Susan Ehlers

’N MENS kry stoepsitters, draadsitters en sitstakers … ek is ’n kaggelsitter. In die winter kan ek vir ure voor my kaggel sitstaak. Hoor en sien kan vergaan. Die skottelgoed kan hemelhoog staan, die tuin vol hondestront lê, die beddens onopgemaak, matte met ’n tweede geweefde laag hondehare daarop, die e-posse ongelees. Ek sit voor my kaggel.

Natuurlik altyd met ’n glasie rooiwyn. Ek hét nog voorraad, ongeag die inperkingsreëls. As dié opraak, het ek ’n voormalige gesinslid met ’n boord en ’n kelder. 2020 se oes is gepars en gebottel en een twee drie, blok jouself, tannie Zol, ek kry nog.

En natuurlik ook met ’n twakkie vir atmosfeer. Dié koop ek skelm by die Pakistani om die hoek. Wonder hoekom die tabakboere nog nie twakplantjies in fancy potjies by Woolworths verkoop nie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.