DA: Nuwe beleid, dieselfde probleem

QUO VADIS?

DA: Nuwe beleid, dieselfde probleem

Die DA kan nie sistemiese diskriminasie onder die tapyt van nie-rassigheid invee en dink als is dan skoon nie, skryf PIET CROUCAMP.

GWEN Ngwenya is 'n intellektuele tour de force in die DA. Sy het 'n goeie teoretiese verstaan van beleid en is meestal volkome reg in haar kritiek op die ANC se ooglopende misbruik van ras om korrupsie moreel te regverdig. Sy is grootliks die outeur van die DA se nuwe beleidsdokumente en ondanks wat sommige ontleders beweer, is daar geen bewyse dat sy deur Helen Zille voorgeskryf is in die formulering van die DA se meesterdokument oor die waardes en ideologiese denkwyses van die party nie.

Selfs die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) se onlangse konseptualisering van liberalisme dra die teoretiese kenmerke van Ngwenya se gedagtegang. In 'n ander lewe sou dié beleidspesialis van die DA 'n akademikus kon wees wat hartlike verwarring saai onder my luidrugtige EFF-studente op die Vaal-kampus van die Noordwes-Universiteit.

Maar weet sy wat dit vereis om die DA bymekaar te hou en terselfdertyd aanklank by die kieserspubliek te vind? Soos Zille is Ngwenya 'n verdelende faktor eerder as 'n redelike stem wat oor identiteite en idees heen tot diverse groepe spreek. Die afgelope week op Twitter was dit baie duidelik dat sy enige kritiek op haar beleide baie persoonlik opneem. Daar is beslis tekens dat die waarnemende leier van die DA, John Steenhuisen, ook nie heeltemal sy brein om Ngwenya se teoretiese kopspronge kan kry nie, maar in die aanloop tot 'n leierskapsverkiesing is dit beter om nié Ngwenya en Zille se argwaan op die hals te haal nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.