Die EFF praat van Steve Biko, maar maak soos Idi Amin

#BLACKHAIRMATTERS

Die EFF praat van Steve Biko, maar maak soos Idi Amin

Die EFF se gewelddadige optrede teen Clicks is ’n toets vir die Suid-Afrikaanse demokrasie wat ons nie kan bekostig om te druip nie. As Julius Malema en sy medeleiers met hulle blatante aanstigting tot geweld gaan wegkom, gaan dit ’n rimpeleffek op ons politieke kultuur hê wat buite-grondwetlike gedrag verder normaliseer, skryf MAX DU PREEZ.

Probeer vir ’n oomblik met oë van buite na die saak kyk. ’n Leier van ’n parlementêre politieke party wat homself die opperbevelhebber noem, stuur dié boodskap aan sy volgelinge: “Fellow fighters and ground forces, ATTACK.” Die volgende dag word die geïdentifiseerde teiken gevandaliseer en selfs aan die brand gesteek.

In watter staat lei dié soort aanhitsing tot geweld nie oombliklik tot strafregtelike gevolge nie?

In watter politieke kultuur word dit as aanvaarbaar beskou dat ’n politieke party wat nie die mas by die stembus opkom nie, sy stormtroepe op ’n orgie van geweld stuur om só kiesers se aandag te trek?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.