Gottabeentjie pyn onvermydelik oor dié kommentaar

MAN UP. AND SHUT UP.

Gottabeentjie pyn onvermydelik oor dié kommentaar

Gedink 'n aanmerking soos “Ken jou plek, meisie” het al spookstatus gekry? Dink weer, sê GODRUN VAN GWD.

  • 11 September 2020
  • Vrye Denker
  • 3 min om te lees
  • artikel 19 van 27
  • Godrun van Gwd

DIE gottabeentjie is mos daai spot agter ’n mens se elmboog wat met ’n stamp ’n elektriese skok van formaat so vieslik veroorsaak dat ’n mens onwillekeurig GOTTA of GONNA uitroep. Ek glo nie vir ’n oomblik die gotta- of gonna-uitroep nie. Ek dink die uitroep is eerder ’n baie onkerklike verwysing na Hom. Gereinig soos net ons Boertjies kan doen.

Ek het ook ’n gottabeentjie (natuurlik), maar myne word nie getrigger deur dit teen ’n tafel of iets te kap nie. Ek het my les al genoeg geleer. Myne reageer onvermydelik en met intense woede as gevolg van kommentaar op VWB – dié tipe wat ek in jare nie meer ondervind het nie, maar ewe skielik nou weer.

Ek het gedog ek het al die spoke verwerk van neerhalende “Ken jou plek, meisie, ons manne weet beter”-ervarings, maar daar ontplof my gottabeentjie nou weer hier op ons VWB-kommentaarbladsye. Nou, ek is nie een van daais wat deelneem aan hierdie kommentare nie. My ma het my mooi vertel ’n vrou moet haar plek ken en berus by die heerskappy van die man. Sy het gesê: “Aanvaar dit tog, my kind, dat mans die wêreld regeer en berus daarby, want anders gaan jy nooit ’n man kry nie.” Ek het my gat afgeskrik vir hierdie aaklige uitkoms. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.