Wat het plaasmoorde en die SAL met mekaar te doen?

ITALIAANSE FILOSOFIE

Wat het plaasmoorde en die SAL met mekaar te doen?

Sekere standpunte van Giorgio Agamben, filosoof van krisis en noodtoestand, kan dalk op Suid-Afrika toegepas word, meen HANS PIENAAR.

AS jy in die een of ander obskure eksamen die vraag moet beantwoord: Wat het plaasmoorde met die regering se obsessie met die Suid-Afrikaanse Lugdiens te doen, sou jy dalk voel jy moet liewer jou antwoordstel ingee met dwarsoor geskryf: “Jy het my, prof.” Behalwe as jou professor ’n volgeling van die Italiaanse filosoof Giorgio Agamben is en jy jou in ’n krisistyd bevind. Soos nou met die coronavirus.

Agamben is by uitstek die filosoof van krisis en noodtoestand. Hy het vir die eerste keer openbare aandag getrek toe hy in die nasleep van 9/11 weier om ’n pos in Amerika te aanvaar. Sy rede was dat hy nie die gedwonge vingerafdrukproses wou ondergaan wat die destydse nuwe departement van tuislandsekuriteit van alle inkomelinge vereis het nie. Hy het ’n skerp kritikus van die Amerikaanse vergrype in Guantánamobaai geword en sy standpunt teen die wegwys van vlugtelingbote in die Middellandse See voor en ná die Siriese burgeroorlog het hom ’n superster onder progressiewes in Europa gemaak.

Tot April vanjaar. Die Covid-19-pandemie het veral in Italië sterk begin woed, maar hy het verklaar dat die coronavirus fopnuus is en dat die grendelstaat wat die middellinkse regering van Giuseppe Conte ingestel het, onnodig was. Sy status het oornag verander tot dié van paria (oftewel uitgeworpene), en hy is in dieselfde asem as ander negasionistas soos Donald Trump genoem. Der Fall, het Duitsland se Der Spiegel aangekondig, en gevra: Wil Giorgio Agamben werklik vir ons wysmaak dat Angela Merkel se regering ’n diktatuur is?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.