Slaap jy lekker of tel jy skape?

PATRONE HET VERANDER

Slaap jy lekker of tel jy skape?

Wat is die slaap ’n wondersoete ding, het D.F. Malberbe liries gedig. Maar CHARL ADAMS skryf slaap is nie noodwendig vir almal soet nie. Slaapbehoeftes verskil – vir sommige is ’n vinnige uiltjieknip voldoende, vir ander nie.

HOE slaap jy? Ja, ek ken daai ou grappie, “met my oë toe”. Maar, ernstig nou, slaap jy goed of sleg? Wel, dit hang van baie dinge af. Jou geestestoestand, ouderdom, fisieke omgewing, dieet en algemene gesondheid kan ’n invloed op jou slaapgewoontes hê en bepaal of jy ’n goeie nagrus geniet.

Kenners sê dat die mens normaalweg sewe tot agt uur slaap per 24-uur-siklus benodig om te verfris, maar dit is ’n veralgemening. Sommige bekendes soos Winston Churchill en veral Napoleon Bonaparte het vir korter tye geslaap, maar dit ingehaal met kort rusperiodes deur die dag. Churchill het elke middag twee uur lank geslaap. Albert Einstein het elke aand 10 uur geslaap en ook vir kort tye deur die dag!

Die meeste lewende wesens, ook reptiele, voëls en visse, geniet slaap. In die hipotalamus-gedeelte van die menslike brein is daar sowat 20,000 senuwees of neurone saamgebondel wat via die retina in die oë gestimuleer word. Dit volg die sirkadiese siklus sowat 24 uur en is gesinchroniseer met die opkom en ondergaan van die son. Die liggaam bevat talle reseptore wat hierdie sirkadiese siklus beïnvloed, maar ons weet nog bitter min hieroor. Eenvoudig gestel is slaap die ekwivalent van jou rekenaar se “reset”-knoppie. Dis ’n periode waartydens die liggaam deur verskeie stadiums van ligte en diep onttrekking van stimuli op die liggaam en brein funksioneer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.