Vir wat moet die kees Tokai toe? Om daar asiel te gaan soek?

(K)AAPSE GEDAGTES

Vir wat moet die kees Tokai toe? Om daar asiel te gaan soek?

KAREL WILLEMSE is ontstig en omgekrap oor die mannetjiebobbejaan Kataza se gedwonge verskuiwing. As enigiemand keelvol is vir aapstreke, onthou een ding: Die ape is net so gatvol vir julle, skryf hy.

  • 18 September 2020
  • Vrye Denker
  • 3 min om te lees
  • artikel 20 van 24
  • Karel Willemse

KATAZA is ’n mannetjiebobbejaan wat hierdie week vir homself ’n plekkie in almal se harte oopgeskop het, behalwe vir diegene wat van hom ’n asielsoeker wil maak. In die Kaap is die gedwonge verskuiwing van die bobbejaan, van Kommetjie na Tokai, met groot onsteltenis begroet. Ek is ook ontstig oor die gedoente en veral omdat dit Erfenismaand is.

In vorige gevalle waar gedwonge verskuiwings plaasgevind het, het dit tot gewelddadige protesoptogte gelei. Mense wat hierdie soort strafmaatreëls instel, het nog altyd die slegste daarvan afgekom, maar hulle luister nie.

Deur die jare het ek my nog altyd vererg vir mense wat nie wil hoor nie. As jy aapstuipe wil kry, nadat jy aaptwak gerook het, is dit jou saak. Maar moenie krap waar dit nie jeuk nie. As jy ’n geheime agenda het, hou dit vir jouself – moenie dit op my kom afdwing met jou apiegedagtes nie. As jy dink Kataza moet gestraf word omdat hy nie wil luister nie, sit jy die pot mis...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.