EK bewonder die astrantheid van daai weerlose klein groen plantjies wat hulle weg oopdruk deur die krake in die sement waar hulle wortelskiet. Hulle baklei teen die elemente van die harde winter ... hael, dramatiese wind en reën ... om regop te staan in hulle glorieryke groen.
Dit herinner my aan die stryd om menslik te bly in die konteks van sistemiese ongeregtigheid. Die stryd om jouself lief te hê en jouself te respekteer terwyl jy deur die mensgemaakte krake in die samelewing groei. Mense wat hierdie stryd kan oorkom, word dikwels geprys vir hulle veerkragtigheid, want hulle behaal hulle doelwitte ondanks al die struikelblokke.
Die krake in die fondament van ons nasie raak al hoe meer en groter. Ondanks ons beste pogings sukkel die samelewing om die wortels van ons menslikheid vas te laat groei terwyl die brutale elemente van verdiepende trauma en ongelykheid ons pogings om as 'n nasie staande te bly in die wiele probeer ry...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.